Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA

SARLNUUS SONDAG 29 April 2007

U luister na amateurradiostasie ZS6SRL van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. U kan ook na hierdie oggenduitsendings luister deur per Echolink met ZS6FCS te koppel. U kan ook na www.sarl.org.za gaan en op ARMI klik en die daar aangeduide skakels volg om oudio daarvandaan te ontvang. Hierdie, en vorige bulletins, kan ook van die SARL se webwerf nl. www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Hierdie uitsending word gedoen deur George, ZS6NE, vanuit Pretoria met herleidings op 51,400 14,235, 10,135, 7,066 en 3,695 MHz asook 438,825 MHz in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos nodig).

In die nuus vandag:

WENNERS VAN SIEMENS SE TOEKENNINGS VIR RADIOAMATEUR VAN DIE JAAR EN GEMEENSKAPSDIENS AANGEKONDIG

EKSAMENINLIGTING OP DIE WEB

PRESIDENTSNET EN INTEGNET VOLGENDE SONDAG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir die volledige berigte oor die voorgenoemde items, sowel as ander belangrike en interessante berigte.

WENNERS VAN SIEMENS SE TOEKENNINGS VIR RADIOAMATEUR VAN DIE JAAR EN GEMEENSKAPSDIENS AANGEKONDIG

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Amateurradio-ontwikkelingstrust het verlede week nominasies vir die jaarlikse toekennings geborg deur Siemens, oorweeg.

Soos vorige jare, was die nominasies vir die Jong Radioamateur van die Jaar maar min. Die Raad het dus besluit om die toekenningstruktuur aan te pas. Van vanjaar af word twee toekennings gemaak – een vir tegniese innovasie en nog een vir die bevordering en ontwikkeling van amateurradio.

Die Siemens Radioamateur van die Jaar-toekenning vir die bevordering en ontwikkeling van amateurradio is losgeslaan deur Dave Reece, ZS1DFR, en die toekenning vir tegniese innovasie deur Hannes Coetzee, ZS6BZP.

Die Siemens-toekenning vir amateurradio-gemeenskapsdiens gaan vanjaar aan Davy Smeda, ZR1FR. Die toekennings word op 15 Mei tydens 'n gala-middagete in Midrand oorhandig. Hartlik geluk aan hierdie uitblinkers.

EKSAMENINLIGTING OP DIE WEB

Eksameninligting en -nommers is nou op die SARL-web www.sarl.org.za. Klik op RAE in die linkerkolom op die tuisblad en wanneer die bladsy oopmaak, op Candidate exam numbers. Individuele kandidate se briewe word oor die volgende paar dae gepos.

VAL JOU POS UIT DIE POSSAK?

Het jy onlangs gekyk of die SARL jou korrekte posadresinligting het? Gaan kontroleer jou inskrywing in die aanlyn-roepseinregister (Callbook op www.sarl.org.za) en laat weet die kantoor van veranderinge. Maak asseblief spesifiek seker dat jou e-adres korrek is, want die meeste van ons korrespondensie gaan per e-pos uit. Dis meer betroubaar en kos minder as slakkepos.

Die kantoor is tans besig om lidmaatskapfakture vir die 2007/2008-boekjaar op te stel en ons wil verseker dat dit jou betyds bereik.

Stuur veranderinge aan jou e- en posadres na admin@sarl.org.za of faks dit na 088 011 675 2793. Gebruik asseblief al 13 syfers.

PRESIDENTSNET EN INTEGNET VOLGENDE SONDAG

Die volgende Presidentsnet en Integnet word volgende Sondagaand 6 Mei 2007 uitgesaai. Die Presidentsnet begin om 19:00, gevolg deur die Integnet om 20:00. Klubs word genooi om aansoek te doen om ’n skakel na die telekonferensiebrug. Stuur net teen volgende Saterdag 'n e-pos aan armi@sarl.org.za met die telefoonnommer en inligting van die herhaler wat gekoppel moet word.

Integnet plaas die kollig op die uitgebreide geskakelde herhalernetwerk wat die Oos- en Wes-Kaap en dele van die Vrystaat dek. Die gasspreker is Chris Scarr, ZS2AAW. Daar is ook 'n artikel oor die netwerk in EngineerIT wat gratis aanlyn gelees kan word by www.eepublishers.co.za.

SARL-KANTOOR 30 APRIL GESLUIT

Die SARL-kantoor is Maandag 30 April gesluit en heropen Woensdag 2 Mei.

WAAROM MOET EK SARL-LID WORD?

Ons hoor hierdie vraag telkens. Daar is 'n klomp baie goeie redes. Hier is net een voorbeeld: Die SARL verteenwoordig amateurs in die wetlike, regulatoriese en administratiewe prosesse wat ons almal plaaslik, nasionaal en internasionaal raak.

AFDELING 6 BANDBEPLANNINGSKOMITEEVERGADERING

Die volgende vergadering van die bandbeplanningskomitee vir afdeling 6 sal op Saterdag 5 Mei van 09:00 tot 12:00 by die NARS gehou word. Alle klubs in die afdeling word uitgenooi om ‘n verteenwoordiger na die vergadering te stuur.

Vir verdere inligting, kontak Peter Hers, ZS6PHD, by 083 445 4634 of per e-pos aan zs6phd@mweb.co.za.

VSA-MAATSKAPPY BIED WI-FI-PROEF VERF

‘n Amerikaanse maatskappy sę hulle het ‘n radiogolfblokkerende verf suksesvol getoets. EM-SEC Technologies, in ‘n vrystelling (http://emsectechnologies.com/press_releases/press1.php) ‘n aantal weke gelede, het gesę hulle “Coating Solution” wat aan ‘n toetsfasiliteit aangewend is, het “radiotoestelle en ander elektroniese apparaat” suksesvol beskerm.

Volgens die die maatskappy skep ‘n eenmalige aanwending van die oplossing ‘n ‘elektromagnetiese fort’ deur te verhoed dat ruimtelike diewe seine kan onderskep.

EM-SEC reken dit kan nuttig wees vir korporatiewe kantore, bestuurskantore, diens- en rekenaarkamers en navorsing- en ontwikkelingslaboratoriums. Dit blyk dat radionetwerke sonder probleme binne ‘n geverfde gebou of kamer bedryf kan word.

Produkte soos hierdie kan ‘n wye mark bereik. Bioskoopsale en teaters kan byv. hierdie tegniek gebruik om die gebruik van selfone te verhoed en dus geregtelike probleme rondom steurseine te vermy.

KOMPETISIENUUS

ZS3 / ZS4 40 METERSPRINT

Op Sondag 6 Mei 2007, is die ZS3/ZS4 40 metersprint op die lug. Dit is 'n geleentheid om kontakte te maak tussen radioamateurs in die Noord-Kaap en Vrystaat en ander Suider-Afrikaanse lande. Die Sprint is op die lug vanaf 16:00 tot 17:00 SAT met foon-, GG- en PSK 31 werking. 'n RS(T) en die provinsiale of landsafkorting word uitgeruil, bv 59FS.

Kontakte met stasies in die Noord-Kaap en Vrystaat tel twee punte terwyl 'n kontak met ZS4BFN, ZS4SRK, ZS4B, ZS3ARK en ZS3FLY vyf punte tel. Die reels is beskikbaar in die 2007 SARL Kompetisieboek en sal gedurende die week met HF Happenings uitgestuur word.

KLUBNUUS

Die Centurion Radioamateurklub het Saterdag 21 April hul AJV gehou en die volgende lede is verkies tot die komitee
Voorsitter - Gawie Basson, ZS6GJJ:
Visevoorsitter - Pam Momberg, ZS6APT:
Sekretaris - Billy Strumpher, ZR6ATC:
Tesourier - Pam Momberg, ZS6APT.
Baie dankie aan die uittredende komiteelede vir die diens deur hulle verrig, en geluk en sterkte aan die nuwe komiteelede.

VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag sal wees. Die verwagte geomagnetiese veld sal wissel van onrustige tot lae stormvlakke gedurende 29 April. Die verwagte effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 10 wees.

20 m en 15 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15 en 20 m openinge vanaf 06:00 en weer om 13:00 SAT na Indië. Na Australië toe gaan die toestande uitdagend wees. Vanaf ongeveer 15:00 is daar moontlike goeie 10, 15 en 20 m openinge na Europa. Kontakte met die Verenigde State gaan baie uitdagend wees. Vir die morsekode- en digitale entoesiaste kan dit lonend wees om 10 MHz te monitor.

Alhoewel die toestande nie juis opwindend is nie, kan HF jou nog steeds altyd verras. Skakel jou stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

27 April tot 1 Mei – ZS3FLY met die Land Cruiser Club by Boegeoebergdam op die lug asook ZS1 Amateur Radio Club vanuit Verneukpan;
28 tot 30 April – ZS3ARK met die Voortrekkers by Lohatla aktief;
5 Mei – Kaapstad ARS snuffelmark asook die Wesrand Radioklub se snuffelmark;
15 Mei – Sluitingsdatum vir aansoeke vir die Itchen Valley Klub se beurse;
6 Mei – ZS3/ZS4 40 metersprint en Presidentsnet en Integnet;
30 Junie – Sluitingsdatum vir SA-DX-opname.

Sarlnuus maak staat op nuusitems wat vir radioamateurs van belang is en deur klubs en individue ingestuur word. Die enigste manier om te verseker dat u berigte Sarlnuus bereik is om dit in die korrekte plek op die webwerf van die SARL nl. www.sarl.org.za/newsinbox.asp te plaas nie later nie as die Donderdag wat die bulletin voorafgaan. Dit sal waardeer word indien u dit in Afrikaans sowel as Engels sal doen.

Die SARL nooi ook alle luisteraars om elke Sondagoggend om 10:00 SAT na die program Amateur Radio Mirror International op 145,750 MHz in die Pretoriagebied, en op verskeie ander herhalers, en met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 695 kHz, te luister. Oudiostrome is ook vanaf www.zs6mrk.org sowel as per Echolink vanaf ZS6FCS, soos vir hierdie bulletin, beskikbaar. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Telkom en Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is, met hulp deur Hester v d Walt met vertalings..

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003